Distance

no info yet

Elevation

no info yet

Vertical

no info yet

Time

no info yet

Ons het die klim aangepak van ‘n vriendelike boer, Bennie Wentzel, se plaashuis af. By die plaashuis het ‘n matige weste wind het gewaai teen so 5m/s (18km/h) wat normal is vir dié tyd van die jaar. Die temperatuur in Queenstown, wat sowat 15 km van Bennnie se plaas af gelee is, was deur die die YR weervoorspelling webwerf aangedui as ‘n minimum van 3 grade en maksimum van 14 grade celcuis. Namate ons oor die voetheuwels na Hangklip berg toe gestap het, het die wind al hoe sterker geword en die aanvoelbare temperatuur het gedaal.

Dit het ons ongeveer 2.5 tot 3 ure geneem om tot op die piek van Hangkip te klim. Ons het redelik vinnig gestap. Die windspoed het die laaste 50 meter van die klim baie toegeneem tot ongeveer 13m/s (~47km/h) wat gevolglik die aanvoelbare temperatuur aansienlik afgebring het.

Hangklip het ‘n lekker plat piek wat geskik is vir ‘n lafenis na die klim. Die uitsig oor die sentrale deel van die Oos Kaap is absoluut asemrowend van die piek af. Mens sien die Stormbergreeks in die Dordrecht distrik, Drakensberge in die Barkley distrik, en kenmerkende Martha en Mary in die Tarkastad rigting. Ons was aangenaam verras om ‘n twee witkruisarende (Aquila verreauxii) op die piek te sien.

Dit het sowat 2 ure geneem terug te stap tot by die beginpunt.

Basiese benodighede vir die stap:
Sterk Langbroek
Sterk Stapskoene
2 liter water
Windbreker Baadjie
Versnapperinge
Ruimte kombers

NB: Diegene wat Hangklip wil klim word versoek om eers met Bennie Wentzel te kontak te maak aangesien die berg op sy plaas is. Rommelstrooiing insluitende sigaretstompies is streng verbode die maak van vuur word ook streng verbied. Geen ongemagtigde persone of persone sonder toestemming word toegelaat op Bennie se plaas nie.